Monday, April 14, 2008

My heel eerste boodskap!

Welkom by my en Jacques se blog....

Ek en Jacques het in Februarie besluit ons wil Australia toe emigreer.

Ons het besluit om die lang roete te gaan en eers aansoek te doen vir 'n Visa. Ons het toe gedink dit is dalk die beste om werk te soek en kyk of iemand jou sal "sponsor." As ons onsuksesvol is sal ek Desember maand met die "lang" proses begin (+- 'n jaar). 'n "Sponsor" gaan ons net soveel duisende rande spaar. Meer om te spend in Australia natuurlik.

Kan mens regtig te OPGEWONDE raak? (Ja ek kan :-))
Ek het noual meeste van Jacques se "work references" gekry. Sy Stellenbosch Uni goed het ek ook gekry en sy Unisa goed.

Ons het Saterdag vir sy paspoort gegaan en ons "unabridged birth certificates" so nou wag ons in spanning vir die 6-8weke om verby te gaan sodat ons sy paspoort kan kry!

Ons het gaan aansoek doen vir sy paspoort in Malmesbury 200km later... maar ek dink dit was die moeite werd. Om Bellville toe te gaan is nogals 'n storie want die mense staan altyd toue en toue. By Malmesbury was daar net een lang tou. 1uur 30 min later was ons klaar by Binnelandse Sake, ek dink as ons Bellville toe gegaan het sou ons langer gewag het.

Ons hoop maar ons is gelukkig en wag net 8weke maar soos almal weet ons praat van SA se binnelandse sake en enige iets is moontlik.

Dan het my ma vir ons ook solank 2 stelle tasse gekoop. Om die eerlike waarheid te se het ons dit nodig of ons nou Australia toe gaan of nie. Ons gaan April maand Citrusdal toe en ons tassies lyk nie meer so goed nie.

Dan is ons affidavit ook reeds geteken is vir "Defacto Relationship" omdat ons nog nie getroud is nie. What a mission want hulle vra tot vir jou of jy al sonder mekaar was (break-up) en hoe lank en hoekom? Wat ons saam in ons naam het. Gelukkig het ons mos nou die woonstel, maar dit is ook dit. En NEE ons was nog nooit sonder mekaar nie, amper mekaar 'n paar keer vermoor :-) maar niks wat TE ernstig is nie. hehe

Karen (my vriendin) het vir my 'n affidavit geteken om te se dat sy vriende met my is, en dat sy weet ek en Jacques gaan al vir amper 4jaar uit...

Jacques het uiteindelik sy CV (of hoe se die Australians - resume) opgedateer en ek kan more begin aansoek doen vir werke... Ek het darem nou 12 werke waarvoor ek wil aansoek doen. Dit klink baie, maar die OZ mense is bietjie bang om mense aan te stel wat nog in SA is.

Dink soms dit sou makliker gewees het om sommer net in die hof te trou en klaar te kry :-) Jacques sal nou weer se dit is makliker en baie goedkoper... Of ons kan sommer een Sondag na Jacques se pa se kerk gaan en voor die gemeente trou imagine. Dit gaan nog goedkoper wees :-)

Chio x

1 comment:

Unknown said...

It is a great pleasure going through your site because I love your every post. That's why I have bookmarked your site to check out new stuff from you. Thanks for sharing ...