Thursday, April 17, 2008

Dag 4 - Begin WERK soek

Maandag het ek met my eerste taak begin:

BEGIN werk soek:

Waar?
http://www.seek.com.au/
http://www.mycareer.com.au/

Dit is vandag Donderdag en ek het al vir 43 werke aansoek gedoen, of mens enige iets gaan hoor van hulle is 'n raaisel. Ek het gehoor hulle is nogals taamlik skrikkerig om mense aan te stel wat nog in SA is, want dan beteken dit hulle moet jou "sponsor" wat vir hulle gaan geld kos.

Well… as ons niks kry voor Desember nie gaan ek maar die langpad aanpak en begin aansoek doen vir Permanente Visa.

Ek sal julle up to date hou om te laat weet of ons enige iets gehoor het.

Wat ek noual alles gekry het:

- Ons het Saterdag aansoek gaan doen vir Jacques se paspoort (Hulle sĂȘ 6-8weke haha, wie wil
geld bet?)
- Ek het 2 van sy werke se "work references" gekry
- Ek het 1 van my "work references' gekry my sussie gaan my ander een in Dubai optel
- Ons het aansoek gedoen vir ons "Unabridged Birth Certificates".
- Ek het Jacques se uitslae en als vanaf Unisa / Uni Stellenbosch gekry

Hou maar duime vas vir die werke
xx

No comments: