Saturday, April 19, 2008

Paspoort

Paspoorte:

As jy in die Kaap bly dink ek dit beste plek om te gaan is Malmesbury dit is nou wel ‘n ent om te ry... maar dit is baie beter as Bellville / Kaapstad se “Home Affairs”

Ons het 9uur die oggend daar aangekom en 10h30 was ons klaar, daar was wel ’n ry maar definitief nie die ry wat by Bellville / Kaapstad sou wees nie.

Ek het ’n post afgekom op SAaustralia wat vir jou ’n sms nr gee wat jy jou Paspoort kan “Track” – en dit werk nogals (iets wat werk in SA)

Dit is 32551

Sms P gevolg met jou ID nr. Bv P7601230037087

Ek sal maar oor so 5weke bel om te hoor of dit by Malmesbury al aangekom het.

Hou maar duime vas!

Thursday, April 17, 2008

Dag 4 - Begin WERK soek

Maandag het ek met my eerste taak begin:

BEGIN werk soek:

Waar?
http://www.seek.com.au/
http://www.mycareer.com.au/

Dit is vandag Donderdag en ek het al vir 43 werke aansoek gedoen, of mens enige iets gaan hoor van hulle is 'n raaisel. Ek het gehoor hulle is nogals taamlik skrikkerig om mense aan te stel wat nog in SA is, want dan beteken dit hulle moet jou "sponsor" wat vir hulle gaan geld kos.

Well… as ons niks kry voor Desember nie gaan ek maar die langpad aanpak en begin aansoek doen vir Permanente Visa.

Ek sal julle up to date hou om te laat weet of ons enige iets gehoor het.

Wat ek noual alles gekry het:

- Ons het Saterdag aansoek gaan doen vir Jacques se paspoort (Hulle sĂȘ 6-8weke haha, wie wil
geld bet?)
- Ek het 2 van sy werke se "work references" gekry
- Ek het 1 van my "work references' gekry my sussie gaan my ander een in Dubai optel
- Ons het aansoek gedoen vir ons "Unabridged Birth Certificates".
- Ek het Jacques se uitslae en als vanaf Unisa / Uni Stellenbosch gekry

Hou maar duime vas vir die werke
xx

Monday, April 14, 2008

My heel eerste boodskap!

Welkom by my en Jacques se blog....

Ek en Jacques het in Februarie besluit ons wil Australia toe emigreer.

Ons het besluit om die lang roete te gaan en eers aansoek te doen vir 'n Visa. Ons het toe gedink dit is dalk die beste om werk te soek en kyk of iemand jou sal "sponsor." As ons onsuksesvol is sal ek Desember maand met die "lang" proses begin (+- 'n jaar). 'n "Sponsor" gaan ons net soveel duisende rande spaar. Meer om te spend in Australia natuurlik.

Kan mens regtig te OPGEWONDE raak? (Ja ek kan :-))
Ek het noual meeste van Jacques se "work references" gekry. Sy Stellenbosch Uni goed het ek ook gekry en sy Unisa goed.

Ons het Saterdag vir sy paspoort gegaan en ons "unabridged birth certificates" so nou wag ons in spanning vir die 6-8weke om verby te gaan sodat ons sy paspoort kan kry!

Ons het gaan aansoek doen vir sy paspoort in Malmesbury 200km later... maar ek dink dit was die moeite werd. Om Bellville toe te gaan is nogals 'n storie want die mense staan altyd toue en toue. By Malmesbury was daar net een lang tou. 1uur 30 min later was ons klaar by Binnelandse Sake, ek dink as ons Bellville toe gegaan het sou ons langer gewag het.

Ons hoop maar ons is gelukkig en wag net 8weke maar soos almal weet ons praat van SA se binnelandse sake en enige iets is moontlik.

Dan het my ma vir ons ook solank 2 stelle tasse gekoop. Om die eerlike waarheid te se het ons dit nodig of ons nou Australia toe gaan of nie. Ons gaan April maand Citrusdal toe en ons tassies lyk nie meer so goed nie.

Dan is ons affidavit ook reeds geteken is vir "Defacto Relationship" omdat ons nog nie getroud is nie. What a mission want hulle vra tot vir jou of jy al sonder mekaar was (break-up) en hoe lank en hoekom? Wat ons saam in ons naam het. Gelukkig het ons mos nou die woonstel, maar dit is ook dit. En NEE ons was nog nooit sonder mekaar nie, amper mekaar 'n paar keer vermoor :-) maar niks wat TE ernstig is nie. hehe

Karen (my vriendin) het vir my 'n affidavit geteken om te se dat sy vriende met my is, en dat sy weet ek en Jacques gaan al vir amper 4jaar uit...

Jacques het uiteindelik sy CV (of hoe se die Australians - resume) opgedateer en ek kan more begin aansoek doen vir werke... Ek het darem nou 12 werke waarvoor ek wil aansoek doen. Dit klink baie, maar die OZ mense is bietjie bang om mense aan te stel wat nog in SA is.

Dink soms dit sou makliker gewees het om sommer net in die hof te trou en klaar te kry :-) Jacques sal nou weer se dit is makliker en baie goedkoper... Of ons kan sommer een Sondag na Jacques se pa se kerk gaan en voor die gemeente trou imagine. Dit gaan nog goedkoper wees :-)

Chio x